top of page

 “Laat die kindertjies na My toe kom en moet hulle nie verhinder nie, want die koninGkryk van God is juis vir mense soos hulle.

Familiebediening

Babas, kinders en jongmense, word dikwels beskryf as die toekoms van die kerk. Hier by Verwoerdpark Gemeente dink ons bietjie anders daaroor. Ja, dit is waar dat die babas, kinders en jongmense van vandag die kerk van more is, tog is hulle veel meer. Die babas, kinders en jongmense van vandag is nie net die kerk van die toekoms nie, hulle is reeds die kerk vandag. Juis hierom is die jeug in die gemeente en in die gemeenskap vir ons so baie belangrik. Ons het die laaste ruk 'n fokus verskuiwing gehad, weg van 'n oordrewe fokus op aparte ouderdomsgroepbedieninge na 'n geïntegreerde familiebediening. Ons glo die beste manier om kinders dissipels van Jesus te maak, is om ouers toe te rus om hulle kinders van God te leer. Dit is immers wat die doopbelofte behels.

Ons wil graag ons kinders, in hulle verskillende ontwikkelings fases op ‘n relevante, opregte manier aan ‘n liefdevolle verhouding met Jesus voorstel.


 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Railroad Set

PiX- Peuters in Christus - 1-3jr - kom elke Sondag gedurende die erediens in die Skaapkraal bymekaar. Hier is bevoegde medewerkers wat na die kleintjies omsien en terselfde tyd op ‘n basiese manier peuters deur storie, spel en sang van Jesus leer. Die Skaapkraal is kindervriendelik ingerig met doekruil fassiliteite. Die veiligheid van ons kinders is vir ons prioriteit. 

Susan Pretorius is die PiX Leier en jy kan haar op 082 430 2700 kontak.

PiX -Peuterbediening

Hand Pile of Happy Group

KiX-lite en KiX-Kinderbediening

KiX-lite - (3-5jariges) en KiX (Graad 1-6)

Ons kinders tot en met graad 6 kom elke Sondag gedurende gedurende die erediens in die Saal bymekaar. Hier gaan hulle speel, die Here loof en Prys en van Jesus leer. 

Happy Teens

GenetiX - Graad 6 tot 11

Van graad 7 af moedig ons tieners aan om saam met hulle ouers die erediens by te woon. Ons probeer ons eredienste so inrig dat dit tienervriendelik is. Na afloop van die erediens kom Gene-TiX in die Storiekamer (Konsistorie) bymekaar. Hier luister hulle na mekaar se stories, lees saam Bybel en gesels oor wat dit beteken om ‘n dissipel van Jesus te wees. Ouers kan verwag om so tussen 30 en 45 minute vir tieners te wag en is baie welkom om ‘n koppie koffie of tee te drink terwyl hulle wag. Kontak ons vir meer inligting.

GenetiX Tienerbediening

PIX
Genetix
Blonde Baby Boy

Doop

Die verbondsdoop speel so belangrike rol in ons gemeentelike lewe. Indien jy jou kind wil doop, of indien jy self nog nooit gedoop is nie en jy nou gedoop wil word kan jy ons kontak vir meer inligting

Doop

Ons missie is dat ons jeug deur toerusting en volhardende gebed gelei sal word om werklike Geesvervulde dissipels van Jesus Christus te wees.  Hierdie fokus is nie net na binne in die gemeente nie, maar ook buite na die gemeenskap.

bottom of page