top of page

God se nuwe wêreld kan vergelyk word met ’n baie klein saadjie, soos ’n mosterdsaadjie.  Iemand vat dit en gaan plant dit in sy tuin.  Uit hierdie piepklein saadjie groei later so ’n groot struik dat dit bo al die ander plante in die tuin uitstaan.  Om die waarheid te sê, dis so groot dat al die voëls daarin nes kan maak.

Wie is ons

Visie
Autumn Road

Verwoerdpark Gemeente is 'n missionale gemeente wat glo dat God ons roep om dissipels van Jesus te wees en ook om ander dissipels van Jesus te maak. Wat beteken dit om 'n dissipel van Jesus te wees? In kort beteken dit dat ons doelbewus daarna probeer streef om soos Jesus te lewe. Wanneer ons soos Jesus lewe, het ons mekaar lief, gee ons om vir ander mense rondom ons en lewe ons vir God. Ons glo dat Jesus self ons kom wys het hoe om dit te doen. Die storie van Jesus is hoofsaaklik in die Evangelies opgeskryf (Matteus, Markus, Lukas en Johannes) en hierin leer ons dat Jesus altyd na mense uitgereik het; Hy het hulle versorg, Hy het oor grense na hulle beweeg en hulle in sy kring verwelkom. Ons leer ook dat Jesus ‘n hart vir randfigure gehad het – díe wat die wêreld en die kerk uitstoot is juis díe wat Hy intrek.  Hierdie is die Goeie Nuus, die Evangelie van Jesus! God is lief vir ons almal, al is ons vuil, sondig, arm en verwerp. Dit is hoe die nuwe wêreld lyk wat Jesus aankondig en Hy roep ons om medeburgers in díe wêreld te wees.

 

 

 

 

 

 

Ons is ‘n gemeente wat eerste vir God is en daarom streef ons daarna om in diep betekenisvolle verhoudings met God te staan. Ons weet die lewe is nie altyd maklik nie en soms is dit regtig moeilik om met God te "connect". Daarom streef ons as geloofsgemeenskap daarna om saam God se teenwoordigheid te beleef en Sy stem te hoor. 

Verwoerdpark Gemeente wil saam met jou op reis gaan dieper in God se teenwoordigheid in.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Ons is ook vir mekaar wat beteken dat ons na mekaar omsien en mekaar versorg. God werk in ons lewens en in ander se lewens deur verhoudings en daarom is verhoudings vir ons baie belangrik. Ons hoofsisteem hoe ons mekaar bedien is deur ons KoneXi-groepe. Wat is ‘n KoneXi-groep? Dit is ‘n groep waarin 6 tot 12 gesinne aan ‘n KoneXi-leier toevertrou word. Hierdie leier se taak is: om belangrike kommunikasie aan lidmate deur te gee, om mekaar te versorg, vir mekaar te bid en om as kontakpunt tussen die lidmaat en die leraar en kerkraad te dien.  Verhoudings is vir Verwoerdpark Gemeente belangrik en ons is gereeld besig om intensioneel geleenthede te skep om bymekaar uit te kom. Vir meer inligting of as jy by 'n Konexi-groep wil inskakel kontak ons gerus.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Ons is ook vir die mense rondom ons, ons naaste, en ons glo dat die Here ons roep om in ons gemeenskap ’n verskil te maak. Natuurlik kan ons nie alles wat stukkend is regmaak nie maar elkeen van ons kan 'n verskil maak. 

Group of Friends
Urban

Vir God

Vir mekaar

Vir ander

bottom of page